Akademie

Wanneer ons na 'n skool soek, soek ons 'n skool wat aan alle akademiese vereistes voldoen. 'n Skool wat elke jaar daarna streef om beter as gister te wees. Omdat ons die skool in die Oosrand is met die grootste vakkeuse, nl. 17 vakke, wil ons vir elke leerder uitnooi om saam met ons op die akademiese-skip te vaar. As jy 'n goeie akademieseskool soek, wil ons vir jou sê: STOP! Jou soektog is verby – jy het nou jou anker by die regte hawe uitgegooi.

By Hoërskool Die Anker het ons akademiese- en tegniese studierigtings. Ons tel jaarliks onder die Top 10 akademieseskole in die Ekurhuleni-distrik. Ons spog elke jaar met 'n matriekslaagsyfer in die hoë negentigs en 'n onderwyskorps wat jaarliks toekennings ontvang vir die hoogste gemiddeld in hul betrokke vak in die distrik. Verskeie van ons matrikulante is die afgelope paar jaar ook al vereer by die distrik vir uitsonderlike prestasies.


Verpligte vakke  

 

Keuse vakke: (Vanaf Graad 10)

 

Meganiese tegnologie keusevakke:

 

Siviele tegnologie keusevak:

 

Elektriese tegnologie keusevakke: