Geskiedenis

Hoërskool Die Anker is die produk van die amalgamering in 2006 van Hoërskool Hoogland en die Hoër Tegniese Skool Brakpan.  Toe hierdie twee skole saamgesmelt het om die voortbestaan van Afrikaans as die taal van onderrig te verseker, kon niemand die voorspelling maak dat Die Anker so vinnig een van die grootste skole in die Oosrand sou word nie.

Dis ongelooflik om te dink dat 'n skool wat nog so jonk is, al op soveel terreine so baie vermag het. Ons skool, wat met getalle en prestasies letterlik uit sy nate bars, was aan die begin van hierdie jaar die eerste keuse vir 'n Hoërskool vir meer as 300 Gr 8’s.  Die skool bestaan huidiglik uit meer as 1 400 leerders.

Ons skool met die leuse “Geanker in geloof”, wat onderstreep dat Christelike waardes en beginsels altyd die grondslag van ons skool sal wees, is beslis die skool van vandag, die skool van die toekoms, ons skool is groot genoeg vir al jou drome . . . klein genoeg vir JOU!  Om 'n Anker te word, is ook nou binne jou bereik . . .JOU olimpiese drome begin hier!